Sat, 01 May | Cape Town

HERFS

Suid-Afrikaanse operasanger en komponis, Raimondo van Staden-Slabbert, se nuwe operapartituur, Herfs, volg die verhaal van twee bejaardes en hul struwelinge met die wêreld soos hulle regmaak vir hul volgende sielshoofstuk.
Tickets Are Not on Sale
HERFS

Time & Location

01 May, 18:30 – 19:00
Cape Town, Artscape Theatre Centre D.F. Malan St, Foreshore, Cape Town, 8001, South Africa

About the Event

Gerda Steyn, ‘n bejaarde vrou sit in haar kamer in ‘n ouetehuis en bevind haarself worstel met gebeure in die land en haar kinders wat geëmigreer het. Die matrone klop aan die deur en kondig ‘n besoeker aan wat homself aan Gerda voorstel as Hans.  Die twee bejaardes begin gesels en Gerda vertel vir Hans van haar kinders wat geëmigreer het en haar vergete agter gelaat het. Hans in sy beurt, vertel vir Gerda van sy hartseer verlede. Hy vertel vir haar van ‘n pragtige dame uit sy verlede vir wie hy verkeerdelik te na gekom het, en hoe God hom gestraf het vir sy daad. Gerda dink terug oor hoe sy baie jare terug presies só deur ‘n man verneuk was. Hans vertel vir haar van sy begeerte om voor die meisie van al daardie baie jare terug te kan staan en vir haar te kan om verskoning vra. Gerda sê vir hom dat hy homself eers gaan moet vergewe en sodoende sal hy vrede vind. Hans skep moed en onthul sy ware identiteit as Werner Hans Prinsloo, die man wat haar jare gelede verontreg het. Hy smeek om haar vergifnis waarna sy instem en hom vergewe. Gerda verlig dan die swaar atmosfeer en begin vir Hans van die daaglikse doen en late van sommige van die ander inwoners te vertel, en die twee klets die dag om. Hulle bevestig vir mekaar dat hulle nooit weer alleen hoef te wees nie en dat hulle dankbaar is om mekaar weer te kon vind. Daardie aand maak Gerda haar Bybel agter oop en haal ‘n brief uit. Dit is ‘n brief wat Hans destyds vir haar geskryf het toe hulle uit mekaar is, waarin hy haar om vergifnis gevra het. Sy lees die brief en raak met ‘n glimlag aan die slaap. Sy sterf daardie nag in haar slaap.

Die volgende oggend doen Hans navraag oor Gerda nadat hy haar kamer leeg aantref. Die matrone lig hom in dat Gerda daardie nag in haar slaap oorlede is. Met bittere skok, sak hy in mekaar.

Share This Event